Oor Ons

               

Wat Wil Jy Weet?

Kom ons pak die bul by die horings…

Die afgelope 20 jaar het die Bosvelder met sy diep liefde vir Afrikaanse en Bosveldse kos en kultuur diep spore getrap in die harte van restaurantgangers.

Ons Storie

               

VAN TOEKA…

In 1997 is die Bosvelder begin as ‘n klein restaurandjie in Centurion, die trotse breinbaba van wyle Edu Kleyn, Johan van Dyk en Rena Rohrer.

TOT NOU…

Vandag is die Bosvelder ‘n eetplek met sitplek vir 500 in Zwartkops, en ruimte vir alles van woelwaters en korporatiewe funksies tot sangers en aanhangers, asook ‘n spyskaart wat jou mond sal laat water en ‘n vermaaklikheidsprogram wat skrik vir niks.

Ons Missie

               

WAT WIL JY EET?

Hier by die Bosvelder is ons mense met ‘n missie – om elke gas te bedien met diens duisend en watertand boerekos uit die boonste rakke teen pryse wat elke sak pas.

Soek jy osstert of melktert? Kom nader!

Laat afval en skaapkop jou kruip uit jou dop? Kom proe!

Lus vir groenboontjiebredie en hoenderpastei? Kom kry!

Wat Ons Bied

               

BY ONS MAAK VERMAAK SAAK

Die sangers…

Live vermaak is so deel van die Bosvelder-kultuur soos afval en klein aartappeltjies. Oor die jare het ‘n skitterende verskeidenheid sterre ons gaste vermaak – van Dozi, Heuwels Fantasties en Francois van Coke tot Karin Hougaardt, Touch of Class en Refentse

Maar dis nie al nie…

Die sportsterre…

Of jy ‘n “six pack” op jou maag het of in jou koelsak, die Bosvelder is dié kuierplek vir sportentoesiaste, kompleet met 65 duim TV-skerms, twee projektors en klank wat jou sal voel jy sit langs die stadion.

Ondersteun Ons

                  

Vind Ons

                  

ADRES

                 

Edward straat 112

Centurion

Pretoria

Suid-Afrika

 

KONTAK ONS

                                      
 
 
Skakel Ons
 
012 643 0952/3
 

 

E-POS

                                    
 
info@bosvelder.co.za